Ai die blond is alweer besig!!!!

‘n Ou was aangekla van moord en het ‘n groot kans gestaan om die
elektriese stoel te kry. Sy broer vind toe uit dat daar ‘n blondine op die jurie
sou wees wat te vinde sou wees vir ‘n bietjie omkoopgeld. Hy sê toe aan die
blondine dat hy $10,000 sou betaal as sy die jurie kon oortuig om die
aanklag na strafbare manslag te versag. Die jurie was ‘n hele dag uit en kom
toe terug met ‘n vonnis van strafbare manslag. Ná die hofsaak gaan die
broer na die blondine se huis, sê dankie en betaal die $10,000. Die blondine
antwoord dat dit nie maklik was om die ander ouens te oortuig nie. Hulle wou
hom onskuldig bevind het.