Poppie en Spanner!

Tydens huweliksberading het die volgende te voorskyn gekom uit hulle dagboeke. Ek plaas dit hier om te wys mans is van Mars en vrouens is van die malkoei melkweg.

Poppie se dagboek:

“Saterdagaand het ek gedink dat Spanner vreemd optree. Ons het planne gemaak om by die kroeg ‘n drankie te gaan drink. Ek het die hele dag saam met my vriendinne ge”shop”, so ek het gedink dat hy ‘n bietjie kwaad is vir my oorlat ek laat is.

Hy het geen kommentaar daaroor gemaak nie. Die gesprek was nie vloeiend nie, so ek het gevra of ons iewers rustig ‘n bietjie kanpraat.

Hy’t gese dis reg, maar het die heeltyd stil gebly. Ek’t gevra of iets verkeerd is, maar hy’t gese dis niks. Ek’t gevra of dit my skuld is dat hy kwaad is. Hy’t gese dat dit niks te doen het met my nie en dat ek nie moet stres nie.

Op pad terug huis toe het ek vir hom gese dat ek lief is vir hom, maar hy’t nie terug geantwoord nie, net geglimlag en verder gery.

Ek kannie sy gedrag verduidelik nie; ek weet nie hoekom hy nie vir my gese het dat hy lief is vir my nie. By die huis gekom, het ek gedink dat ek hom verloor het, asof hy niks met my te doen wil he nie. Hy’t net voor die TV gesit, stil en ver weg.

Uiteindelik het ek besluit om bed toe te gaan. Na 10 minute het hy langs my kom lê. Tot my verbasing het hy my nie weggestoot, toe ek hom liefderlik getroetel het nie. Ons het die NASTY gedoen, maar dit het nog steeds gevoel asof sy gedagtes elders is. Ek wou hom nog aanvat oor die hele affere, maar hy was reeds aan die slaap.

Ek’t begin huil totdat ek ook aan die slaap geraak het. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is amper seker dat sy gedagtes by iemand anders is. My lewe is een groot disaster.

Goeienag liewe Dagboek.

Poppie
————————————————-

Spanner se dagboek

“Vandag het die Bulle verloor. Gelukkig het ek ‘n knippie gekry. ”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s