Kinders se vraestel antwoorde……….dis nou lekker Afrikaans !!

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal
van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan
uitgewerk.

* Nog ‘n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat
jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Peter Stuyfgestaan is ‘n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette
uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in
sy onderbroek duidelik sigbaar was.

* Egipteland  was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle
hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys.  Hulle het in die Sarah-woestyn  gewoon
en het  waterbeurte gehad van die min reën.  Die klimaat was só erg dat al
die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om
sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.

*  Moses  het  die  Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele
gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim
om die tien gebooie te kry.

* Die Egiptenare was ‘n  hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie
‘n geskiedenis gehad het nie.  Hulle het omtrent al die kafees in Egipte
gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.

*  Demokrates  was ‘n  beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense
raad gegee het. Hy is dood  omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Ná sy
dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

*  In die  ou  Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol
geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar
niks anders was om te jump nie.

* Johan na van Arkel het van ‘n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar
met ‘n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van
skrik.

*  Koningin  Elizabeth  was die “Maagdekoningin”. As ‘n koningin was sy ‘n
sukses, maar nie as ‘n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek.
En was altyd mooi geklee.

*  Dit was ‘n tydperk van groot  uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het
die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die wynpers vas
te draai dat die wyn spat.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.  Hy is
in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy
verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke  wat
hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo
and Julietis een voorbeeld.

*  Abraham  Lincoln  het  Amerika  se grootste  presedent geword. Lincoln
se ma is dood toe sy nog ‘n maagd was en hy is gebore  in ‘n houthut wat hy
met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

*   Johan n Babbelastiaan  Bach het  baie komposisies geken en het so ook
baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750  tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis  in  die  wêreld, amper soos  Händel. Händel was half-Duits,
half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy
harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal na
hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood
is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het
egter na sy eerste bad  heelwat verander.

*  Die  negentiende  eeu  was  ‘n tyd  van baie  uitvindsels.  Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin  reproduseer.

*  Die uitvinding van die stoomboot  het ‘n netwerk van riviere laat
ontstaan, waarna die mense gevlug het as die  water te warm raak van die stoom wat
afgeblaas word.

* Die Toekoek is ‘n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

* Parallelle lyne ontmoet mekaar  nooit nie, tensy jy een of altwee van
hulle buig.

* ‘n Sirkel is ‘n lyn  wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom
is dit moeilik om sy end  te kry, voordat jy dronk word.

*  Die maan is ‘n planeet net soos die  aarde. Daar bly net een man wat
baie gelukkig is. Een keer ‘n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.

*  Vegatiewe  voortplanting  is  ‘n proses  waarin een individu per
ongeluk ‘n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.

* Koolstofmonoksied is ‘n  reuklose gas wat verskriklik stink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s