Skerp op die oudag..? Of is dit nou ‘n boer met ‘n plan??

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare.

Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in ‘n
swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en
vrugtebome.

Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie
daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook ‘n emmer saam om ‘n paar van
die vrugte terug te neem huis toe.

Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val
plat agter ‘n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak
hart beleef hy ‘n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy staan toe op en
stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik ‘n ander man se
eiendom. Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die
nodige toemaak.

Een van die meisies skreeu benoud op die oom: “Ons klim nie uit voor oom nie
weggaan nie!”

“Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van
julle kaal swem nie…..” Hy hou die emmer omhoog en
sê:

“Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee………………”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s