Waar Aspoestertjie vandaan kom!!

Eendag lank, lank gelede, was daar ‘n oulike sweet meisietjie met die naam van Sneeuwykie. Omdat sy ‘n bietjie vasgedruk en geirriteerd gevoel het, het sy uitgesneak en ‘n bietjie by die Kollonade Sentrum gaan rondloop en shop.

Gelukkig nog voor die konstruksie nou die dag in sy moer in gedonner het. Toe sy by die Hotdog stand verby loop, sien sy vir wolf. Natuurlik heeltemal haar melk weggeskrik. Paniekbevange kyk sy rond om ‘n lift te bum, aangesien sy haar rok sal vastrap as sy begin weghardloop en haarself in die proses kan beseer en ontbloot, siende dat sy nie panties dra nie. Dit kan sy nie bekostig nie, want sy behoort nie aan ‘n mediese skema nie want dis te fokken duur en sy wil okkie almal om haar opgewonde maak nie.

En as gevolg van haar karakter en non-existence van panties, kan sy ook nie haar rok tot bokant die kniee optel nie. Sy steek toe maar haar duim uit vir ‘n verbygaande motor, maar onttrek gou toe die demand te groot raak en ‘n bolz-up met die traffic veroorsaak.

Sy maak toe maar gatskoon van wolf af en al die fans wat begin aftrek het. Wat sy nie wis nie is dat wolf eintlik maar net gekom het vir ‘n haarsny.

Dit wys jou ‘n mens moenie in ‘n panic station gaan nie. Anyway, toe sy haar kom kry, staan sy in die R5.00 winkel waar Liewe Heksie besig is om te shop vir ‘n nuwe besem. Haar oue is poer des merdes gevlieg. Geld is maar min met die huidige ekonomiese toestand, jy weet, en Liewe Heksie is ‘n regte slegte straatvrou wat rooi miere het en orals rondvlieg – nie dat sy ‘n fly by night is nie.

Anyway, Sneeuwykie maak nie ander se probleme hare nie.
As gevolg van haar natuurlike oorlewingsinstink gryp sy die besem by Liewe Heksie, spring op en vlieg weg dat jy net hare sien waai. Sy kies toe die kortste pad, by die apteek verby. Gryp sommer ‘n hand vol Prozacs vir die senuwees en skree agterna: ‘Ek sal later die rekening betaal!’, want hulle het haar adres en weet sy het ‘n skoon rekord.

Anyway, halfpad huis toe begin die besem overheat omdat sy te vinnig gevlieg het. Sy het nie gauges gehad om na te kyk nie, sy het net so ‘n hot feeling tussen die bene gekry, min wetende dat Liewe Heksie ‘n clever chick is wat fireproof panties dra.  Die besem gee toe so ‘n hop skiep en jump, tel ‘n misfire op, backfire en daar slaan die hele bliksemse besem aan die brand en Sneeuwykie het mos niks protection nie!

En dit is waar Aspoestertjie vandaan kom!

3 thoughts on “Waar Aspoestertjie vandaan kom!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s