BUMPERSTICKERS
* Dit werk beter as dit ingeprop is.
* Ek het met niks begin nie – en het nog die meeste daarvan oor!
* Koffie, sjokolade, mans – party dinge is maar net beter as dit ryk is.
* In hondejare is ek al dood.
* Kry ‘n nuwe kar vir jou gade – dit kan ‘n goeie ruil wees.
* Ek gaan betyds gradueer – maak nie saak hoe lank dit vat nie.
* ‘n Dag sonder sonskyn is soos nag.
* Eerste dinge eerste – maar nie noodwendig in daardie volgorde
nie.
* Ouderdom kom op ‘n slegte tyd.
‘n PAAR OULIKES!!
Ons land is eintlik oraait, weet jy. Die petrol gaan op, die brood gaan op, maar die krag gaan darem af.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Sy: ‘Jy is alweer dronk! Weet jy nie dat drank jy grootste vyand is nie?’ Hy: ‘Ja, maar onthou, dis net bangbroeke wat vir hulle vyande vlug!’
* * * *
My vrou eet so stadig, sy kan nie eens yoghurt eet nie. Teen die tyd dat dit in haar maag is, het die raklewedatum al verstryk.
* * *
Ek glo nie ‘n restaurant op die maan sal suksesvol wees nie. Dit sal geen atmosfeer hê nie! *
* * * *
My oom is ‘n gelukkige man. Toe die Doodsengel aan sy deur kom klop het, was hy nie tuis nie.
* * *
* Hy: Jy was liewer vir my toe ons nog verloof was. Sy: Wel, om die waarheid te sê, hou ek nie eintlik van getroude mans nie.
Pingback: Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin’s Klasak
Hahahaha