Allerlei!

BUMPERSTICKERS

*  Dit werk beter as dit ingeprop is.

*  Ek het met niks begin nie – en het nog die meeste daarvan oor!

*  Koffie, sjokolade, mans – party dinge is maar net beter as dit ryk is.

*  In hondejare is ek al dood.

*  Kry ‘n nuwe kar vir jou gade – dit kan ‘n goeie ruil wees.

*  Ek gaan betyds gradueer – maak nie saak hoe lank dit vat nie.

*  ‘n Dag sonder sonskyn is soos nag.

*  Eerste dinge eerste – maar nie noodwendig in daardie volgorde
nie.

*  Ouderdom kom op ‘n slegte tyd.

‘n PAAR OULIKES!!

Ons land is eintlik oraait, weet jy. Die petrol gaan op, die brood gaan op, maar die krag gaan darem af.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Sy:  ‘Jy is alweer dronk! Weet jy nie dat drank jy grootste vyand is nie?’ Hy:  ‘Ja, maar onthou, dis net bangbroeke wat vir hulle vyande vlug!’

* *                                  * *

My vrou eet so stadig, sy kan nie eens yoghurt eet nie.  Teen die tyd dat dit in haar maag is, het die raklewedatum al verstryk.

*                                  * *

Ek glo nie ‘n restaurant op die maan sal suksesvol wees nie.  Dit sal geen atmosfeer hê nie! *

* *                                  * *

My oom is ‘n gelukkige man.  Toe die Doodsengel aan sy deur kom klop het, was hy nie tuis nie.

*                                  * *

* Hy:  Jy was liewer vir my toe ons nog verloof was. Sy:  Wel, om die waarheid te sê, hou ek nie eintlik van getroude mans nie.

2 thoughts on “Allerlei!

  1. Pingback: Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin’s Klasak

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s