Klein Frikkie!

Klein Frikkie, sewe, vra sy ma een  middag na skool, ‘Kan ek en ma bietjie
man en vrou speel?’

Sy vind die voorstel half  vreemd, maar besluit om saam te speel.

‘Ou vrou,’ se Frikkie terwyl hy  sy skool das afhaal en op die rusbank
neergooi nes sy pa altyd maak,’ek het ‘n harde dag gehad. Skink daar vir my
‘n lekker dop.’
Frikkie plak homself voor die tievie neer met sy voete op die koffie tafel,
en ma gooi vir hom ‘n lang glas Oros.
Na ‘n ruk sê Frikkie, ‘Ou  vrou, skep daar vir my ‘ lekker bord kos, man..’
Ma bedien vir Frikkie  ‘n lekker kaas en tamatie snackwich. Hy eet homself
trommeldik, vat aan sy  maag, los ‘n vet burp nes sy pa altyd maak en sê,
‘Ou vrou,  trek uit jou klere dan gaan lê ons so bietjie skuins man.’
‘Wat?!’,  vra die ma geskok. Jy’t gehoor Wat ek sê,’ kom dit van Frikkie,
‘trek  uit, dan loop lê ons so bietjie op die bed.’ Sy ma is hoogs onsteld,
stop die speletjie summier, gryp vir Frikkie aan die oor en lei  hom die
gang af tot in sy kamer:
‘ Nou doen jy jou huiswerk en ek  wil nooit weer sulke goed uit jou mond
hoornie, het jy my gehoor?’
Baie bekommerd vertel sy daai aand die storie vir Frikkie se pa. ‘  Aag ou
vrou, ‘ sê hy, ‘dis maar net ‘n speletjie, man. Ek sal niks ernstigs daarin
lees nie.’

So twee dae later kom Frikkie van die  skool af met dieselfde storie, en sy
ma besluit sy speel enduit  saam, want die ding puzzle haar vreeslik.

Dis weer ‘n dop wat geskink  word, nog ‘n snackwich, en toe kom die skuins
lê storie weer.

Sy  gaan toe maar badkamer toe, trek uit, en trek haar japon aan.
Sy vind  Frikkie op die dubbelbed net in sy onderbroek met haar man se
leesbril op sy neus besig om die koerant te lees, presies soos sy pa  altyd
maak.
Sy’s nou diep bekommerd, maar gaan lê toe maar hier  eenkant op die bed.

Na ‘n rukkie sit Frikkie die koerant neer en  haal die bril van sy oë af.

Die ma dink, ‘ wat nou?’ Frikkie skuif  nader.

Sy dink,’WAT NOU?’

Frikkie sit sy hand om haar lyf en  fluister sexy saggies in haar oor:
‘Ou vrou, dink jy nie dis tyd dat  ons vir Frikkie ‘n nuwe BMX koop nie?’

5 thoughts on “Klein Frikkie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s