Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op!
Ek is nou so lui my hol hang oop!
Hy is so maer, hy lyk soos ‘n potlood met ‘n handbriek.
Ek is nou so opgewonde soos ìn budgie op steroids !
Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.
Ek is nou so lus vir ‘n Rennie ek eet sommer ‘n pastei.
Jy’s so skeel jy kyk jouself diep in die oë!
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur loop lyk dit soos n kraak wat beweeg!
Hy is so skelm, hy bid onder ‘ n skuilnaam
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
“Lang gesig soos ìn bok wat afdraand vreet.”
“Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.”
“Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.”
“Ek is nou so lui ek trou sommer ‘n pregnant vrou.”
“Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het.”
“Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan.”
“Ek is so de bl*ksem in, ek soen sommer ‘n pofadder oopbek”
“My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap..”
“Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur ‘n vliegtuigmotor ingesuig nie.”
“Die mens is op aarde geplaas om ìn sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.”
“Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap.”
“Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het.”
“Jy mag nooit meer as jou yskas weeg nie!”
“As jy vir jouself kan lag dan het jy altyd iets om oor te lag.”
“As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy ‘n reis nodig.”
lekker gelag, jy het baie goeie sin vir humor! het my naam en avatar verander. lekker aand
Uitstekend, Vonkie. Oulike site wat jy het.:-)
Bwaahahaha. baie goed!
“Die mens is op aarde geplaas om ìn sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie.”…. 😆 Daar is hoop vir ons!
Net weer ingeloer en weer lekker gelag!!