Gauteng vir Dummies

Gauteng vir Dummies – die avonture van ‘n basterVrystater in en om Egoli.

 

– Koerantverkopertjies by robotte het nooit R 1.25 kleingeld nie, en ‘n
Beeld kos jou gevolglik R 5.00 en nie R  3.75 nie.

– Sommige Koerantverkopertjies het inderdaad kleingeld, maar kry dit nie in
die hande alvorens die robotlig vir jou groen word nie.

– Die mediese onkoste as gevolg van die aanranding deur die Isuzu-bestuurder
agter jou, verblind deur road rage, sal na alle waarskynlikheid meer wees as
die kleingeld waarvoor jy gewag het.

– Jou Beeld kos jou dus steeds R 5.00, maar jou neus is darem nie gebreek
nie, jy het nog al jou tande, en jou kar se gat het nie die afdruk van ‘n
Isuzu-bullbar nie…  Los die kleingeld!

– Sou jy ‘n Beeld koop, het jy nie tyd om dit te lees nie nie.  Het jy tyd,
kry jy nie een te koop nie.

– Die billboard-artikel, wat in die eerste plek jou aandag getrek het, sal
verseker nie op die voorblad van die Beeld wees, sodat jy dit nie in-die-ry kan
lees nie.

– Moenie ‘n Son by ‘n robot koop nie.  Op enige gegewe tyd sal Mnr en Mev Ds
van die NG Gemeente Waterkloof agter jou stilhou en dink jy’s ‘n pervert.
Organise met die Son-verkoper dat hy vir 50c vir jou bl 3 se tieties wys.
Sit jou donkerbril op, maak of jy dit nie sien nie, en laat val die 50c in
die pad voor jy ry. Kry hom die daaropvolgende week, selfde tyd, selfde
plek.

– As jy op ‘n Sondag Rapporte wil verkoop by die straathoek moet jy blank,
tandloos en maer wees, ‘n wolmus dra en na drank stink. (En ook nie
kleingeld hê nie.)

– Ek glo daar is geen verskil tussen kraanwater en gebottelde water nie.
Volgens die petroljoggies by Shell Midrand, is daar ook geen verskil tussen
Loodvry en LRP nie.  (Sorg gevolglik dat jy buite reikafstand van die
dieselpomp se pyp stilhou.  Ten minste by Shell Midrand, in elk
geval.)

– PS: Daar is geen verskil tussen McDonalds se take-away koffie en ‘n
urinemonster nie. Behalwe dat die urinemonster se koppie groter is.

– Daar is meer klerehangers in Gauteng te koop as klere.

– Wie de donder is Martin Pols (Mark Condor)?  Ek ken hom NIE al jare nie..

– Verwoerdburgstad = Centurion = Verwoerdburgstad.

– Jhb Internasionaal = Jan Smuts = Jan Smuts = Jan Smuts.

– Hi-Ace = Nekhare RYS.

– Enige plek in Sunnyside ruik op enige tyd van die dag na piepie.

– Fidelity Guards se transito-voertuie ry in konvooie van 10 met ‘n
gerattlede trigger-happy personeel van 200, met ‘n gesamentlike IK van 200
en meer skietgoed as die SAW destyds in Angola.

– Die swartmotor-konvooi wat jou teen 180 km/h met flitsende blou ligte op
die Ben Schoeman van die pad af druk, is verseker die Staatspresident.  Hy
ry kar want sy Adjunk en haar familie skuur gat met sy jet.

– Bin Laden is springlewendig, en verkoop vis & chips & all & all in ‘n
kafee in Mayfair.

– Netcare 911 se Subaru’s se noodligte en sirenes kan nie afskakel nie.
Nie eers deur Mcdonalds se drive-thru nie.

– NetCare 911 se telefoonnommer is nie 9-1-1 nie.

– Hoe de duiwel gaan Netcare 911 jou anyway op ‘n stretcher met ‘n Subaru by
die hospitaal kry?

– As jy vriendelik vir die ou tannie met die Cressida beduie om voor jou in
te ry by ‘n interseksie, sal die FHM-voorbladmodel in die SLK agter haar,
wat jy nie gesien het nie, dink jy’s ‘n padvark omdat jy nie vir haar kans
gee nie.

– Alle 4×4’s in Gauteng het ‘n geel vierkantige plakker op die neus, wat
verpligtend in Mosambiek is.  Sommiges was in Mosambiek.  Sommiges wil
Mosambiek toe gaan.  Meeste wonder waar Mosambiek is.

– Die Land-Rover handelaar in Sandton is adres is 25°58″46S, 28°7″51E.
Donder!!, het jy dit dan nie geweet nie?

– Ford het ‘n nuwe Ka kar.  Sê dit drie keer vinnig.  Verkieslik nie voor ‘n
Ka kar eienaar nie.

– ‘n Tata is ‘n Dacia met lelike mombakkies op, en staan meeste van die
tyd langs die pad met sy hazards aan..

– Jy kan naby die Hans Strijdom-aansluiting ‘n Porsche met enige kar wegry.
Linkerbaan 14km/h, middelbaan 17km/h en regterbaan 18 km/h.
Enige tyd van die dag.  Sorg net dat jy in die regterbaan is.

– Naby Midrand staan jy 07:00 in die oggend op die N1 stil en idle langs ‘n
bordjie wat sê ‘120’.  Voor jou staan ‘n E-klas AMG Merc, wat gegovern is
tot 250km/h en met 8 lugsakke, ABS, Stability Control en ‘n GPS met ‘n husky
vrouestem – ook en idle.  Agter jou sit ‘n Tata-eienaar benoud op sy selfoon
en hoop die verkeer beweeg nie gou nie.

– As jy in ‘n Touareg op die N1 ry, verander jy in Gniel de Villiers.

– ‘n BMW verander jou egter nie in ‘n d**s nie.  Jy is reeds een voor jy
inklim! As daar regtig nie hoop vir jou is nie, ry jy ‘n 530d.

– Die hoeveelheid BMW motorfietse in spitstydverkeer is omgekeer eweredig
aan die hoeveelheid wolke in die lug, en blitse op die horison.

– Jy is nie noodwendig ‘n Hell’s Angel as jy ‘n Harley ry nie. Jy kan ‘n
dokter, ‘n prokureur, of ‘n CA wees.  Jy kan selfs in jou suit ry, met jou
laptop vasgestrap op die agterseat. Moet dit net nie waag op die pad sonder
die RayBans op jou neus, die pispot op jou kop en die F-JOU-attitude nie.

– Moet op geen plek in jou neus krap nie.  Jy is op enige gegewe tyd op ten
minste 3 CCTV kameras, en moenie vergeet van NI se satteliet nie!!

– Hardegat Afrikaanse mense praat gebroke Engels met mekaar in swaar
Afrikaanse aksente.

– 1 x Tafel in ‘n top notch coffee-shop in Sandton. 1 x Man, 1 x vrou, 2 x
laptops, 3 x selfone, 4 x personal organisers.  Direkte real-time 3G
video-kontak met hoofkantoor in Londen, maar steeds geen waiter nie….

– Moenie jou regteroor met jou selfoon krap terwyl jy gaap nie. Die
Metropolisie gaan jou nie glo nie, vir jou vertel jy praat k@k en jou beboet
vir ‘operating a mobile phone in traffic’. Jy mag egter wel wettig ‘n
lipstiffie, Magnum roomys, Phillishave, sigaret, stout kind se oor of
DSTV-remote in een of meer hande hê terwyl jy bestuur.

– Jy sal nie sommer onder enige ‘n klip deesdae’n skerpioen kry nie, maar
kyk bietjie in jou truspieëltjie..

– LET WEL: Kyk mooi! Die anti-korrupsie tolvrye nommer op die Metropolisie
se patrollievoertuie kort ‘n nommer en is nie tolvry nie!!

– Moenie onder geen omstandighede vir die Metropolisielid in ‘n padblokkade
jou nuwe F*k*fpolisiekar CD wys nie.

– Al ry jy ‘n oranje kar met ‘n SABS-goedgekeurde Cheetah-gelogo’de
Vrystaatse nommerplaat, sal 3 straatsmouse steeds gelyk Blou Bul pette by
die robot van die Menlyn-sentrum aan jou probeer verkoop. Vir seker
onwettige immigrante, want hulle verstaan ook nie die woord ‘F*K*F’ nie.

5 thoughts on “Gauteng vir Dummies

Leave a Reply to wondernet Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s