Koos het ‘n lintwurm!

Koos stap eendag by sy dokter se kantoor in en kla dat hy dink dat hy dalk ‘n

lintwurm het. Die dokter het hom deeglik ondersoek en ewe deeglik saamgestem.

  

 

Dokter: “Ek wil hê jy moet môre terugkom om jou behandeling te begin, en ek

wil hê jy moet vir my ‘n piesang en ‘n koekie saambring.”

  

 

Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter sê. Die volgende dag is

hy terug met sy piesang en sy koekie.

  

 

Dokter: “Uitstekend, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor. Dit gaan

niks seermaak nie.”

  

 

Nou ja, wat kan hy doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter druk

die piesang in waar dit eintlik nie hoort nie. Hy wag ‘n minuut – presies 60

sekonde later volg die koekie die pad van die piesang.

  

 

Dokter: “Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil hê dit

moet regtig werk, kom môre terug met nog ‘n piesang en nog ‘n koekie.”

  

 

Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar die

volgende dag is hy terug; piesang, koekie en al.

  

 

Presies dieselfde gebeur op dag twee, dag drie én dag vier . . . Eers die

piesang, dan die koekie. En so gaan dit vir ‘n hele week lank aan.

  

 

Dokter: “Veels geluk, môre is jou heel laaste behandeling. Ek wil graag hê jy

moet ‘n piesang en ‘n hamer saambring.” Koos (bang verby; wil nie eens dink

waarvoor die hamer is nie): “Nie ‘n koekie nie?”

  

 

Dokter: “Nee, ‘n hamer.”

  

 

Die volgende dag is Koos terug – met sy piesang en sy hamer.

Dokter: “Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek uit,

buk af . . .”

  

 

Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel die hamer op. Een

minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En uiteindelik na

vier minute duik ‘n klein koppie uit Koos se agterstewe op en skree:

  

 

“Waar’s my f…….. koekie?”

2 thoughts on “Koos het ‘n lintwurm!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s