DAAR IS ALLES NOU OPGEKLAAR!!!

Gesondheid – Die antwoorde op jou vrae (die wat jy wil hoor)

V: Ek hoor kardiovaskulêre oefening is goed vir ‘n mens, is dit waar?
A: Jou hart is slegs gebou om soveel maal te klop, en dan’s dit alles oor…Moenie dit op oefening vermors nie. Enige orgaan raak uiteindelik uitgeput. As jy dit vinniger laat klop sal dit jou nie langer laat leef nie; dis so goed as om te sê dat jy jou kar se leeftyd kan verleng deur hom vinniger te ry. Wil jy langer leef? Gaan dut so ‘n bietjie.

V: Moet ek minder vleis eet en meer vrugte en groente?
A: Jy verstaan nie die beginsel van logistieke doeltreffendheid nie. Wat eet ‘n bees? Gras en hooi endiesmeer, wat groentes is. Dus is ‘n lekker stuk steak niks anders as ‘n doeltreffende manier om groente in jou stelsel te kry. Wil jy groente hê? Eet hoender. Bief is ook ‘n goeie bron van vesels aangesien gras vol daarvan is. ‘n Varktjoppie kan ook help om te verseker dat jy 100% van jou daaglikse aanbevole dosis groente inkry.

V: Moet ek my alkoholinname verminder?
A: Nee geensins nie. Wyn is van vrugte gemaak. Brandewyn is gedistilleerde wyn, wat beteken dat hulle die water uit die vrugtige deel verwyder sodat daar soveel meer van die voedingswaarde oorbly. Bier word ook van graan gemaak. Hou die blinkkant bo!

V: Wat is die voordele daarvan om aan ‘n gereelde oefenprogram deel te neem?
A: Kan nie aan ‘n enkele voordeel dink nie, jammer. My filosofie is hoe minder pyn hoe beter!

V: Is gebraaide kosse nie sleg vir jou nie?
A: JY LUISTER NIE!!!!. Kosse word in plantolies gebraai deesdae. Om die waarheid te sê hulle is deurdrenk daarmee. Hoe kan dit sleg vir jou wees as jy nog meer groente inkry?

V: Is sjokolade sleg vir my?
A: Is jy laf? HELLO. Kakao bone! Nog ‘n groentesoort!!! Dit is die beste gesonde lekkerny ooit!

V: Is swem goed vir my figuur?
A: Het jy al ‘n walvis gesien?

Wel ek hoop dit sal al die alledaagse mistastings oor voedsels en diëte opklaar.

En onthou:

Die lewe is nie ‘n reis na die graf met die doel om veilig in ‘n aantreklike en goed gepreserveerde karkas daar aan te kom nie, jy moet eerder met jou gat daarin skuur – met ‘n Chardonnay in die een hand – sjokolade in die ander – liggaam goed opgebruik terwyl jy hardop skree: ‘Jie ha, dit was nou vir jou ‘n bakgat trippie!’


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s