Liewe Kersvader

Jannie Goeddoen
Stoepville 112
Skulpies
Suid Afrika
26 Desember 2002

Hello Oom Kersvader

Soos U seker al opgelet het in die laaste jaar het my gedrag
aansienklik verbeter. Ek het opgehou om vir Sannie “viskoekie” te noem al irreteer sy my nog steeds. Ek het ook begin leer en my skoolwerk is vir die eerte keer van so aard dat Ma en Pa my toelaat om die Simpsons te kyk.

Ek was ook elke tweede Saterdag my pa se kar en elke alternatiewe Saterdag sny ek gras en vat ook elke oggend die vullis uit vir my ma.

Soos jy weet haat ek kar was, grassny en vullis verwydering

Ek het ook begin om oumense oor die pad te help eerder as om hulle vol modder te ry met my BMX.

Hierdie jaar het baie van my gevat en ek moes ophou sjokolade eet
omdat dit my kop laat uithaak het en dit my glad nie help om die voorbeeldige, goedgesinde, eerlike, saggeaarde engeltjie te wees wat almal leer ken het oor die laaste jaar nie.

Nou het ek net een vraag vir jou:
Wat die hel het jou besiel om vir my ‘n paar fucked-up sokkies, ‘n
walglike paar “donkie-slippers” en ‘n kalkulator vir kersfees te gee, instead van die Go-Cart, mountainbike en radarkar wat ek jou voor gevra het?

Jou bedrieglike vet rooi bliksem – ek gaan jou kry.

Ek gaan in hierdie sokkies skyt en dit om Rudolf se neus vasbind. Hy sal eenvoudig op niks anders kan konsentreer behalwe om weg te kom van die reuk, en hopelik die res van jou geselskappie voor ‘n trein of trok inlei! As hy sou oorleef gaan ek hom ‘n stadige dood laat sterf.

Die res van jou groepie takbokke is biltong! Hulle sal lewendig opgehang word!!!

Nog nooit het ek so gebruik gevoel nie. Sannie gaan aftjop !! Pa en Ma gaan aftjop !! Al die oumense gaan weer aftjop!!

Alles net as gevolg van jou bedrieglikheid. Glo my, ek gaan nie rus nie voor ek hierdie twee “donkie-slippers” in jou agterkant opgeskop het nie.

Vir elke dag wat verby gaan en ek jou nog nie terug gekry het nie,
gaan Wortel, Sannie se kat, dit kry. Ek gaan hom met Pa se sekuritietsknuppel skok!

Die kalkulator gaan ek nou op pie en dit daarna deur oom Jaap en anti Kiti se voorruit gooi!

Alles wat die mense oorkom is nou jou skuld, Lekker rond vlieg, as ek jou en daai takbokke weer naby ons huis sien , gaan ek julle met klippe gooi!

Vriendelike Groete

Jannie
Ps. Ek weet waar jy bly!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s