Vonkiedool’s aflaai blog!

Hier laai ek my humor af vir jou om te geniet!! Comment asseblief en dankie vir die besoek.

Actual excuses to teachers by parents.

.

My son is under a doctor’s care and should not take P.E. today. Please execute him.

Please excuse Lisa for being absent. She was sick and I had her shot.

Dear School: Please ekscuse John being absent on Jan. 28, 29, 30, 31, 32, and also 33.

Please excuse Gloria from Jim today. She is administrating.

Please excuse Roland from P.E. for a few days. Yesterday he fell out of a tree and misplaced his hip.

John has been absent because he had two teeth taken out of his face.

Carlos was absent yesterday because he was playing football. He was hurt in the growing part.

Megan could not come to school today because she has been bothered by very close veins.

Chris will not be in school cus he has an acre in his side.

Please excuse Ray Friday from school. He has very loose vowels.

Please excuse Tommy for being absent yesterday. He had diarrhea and his boots leak.

Irving was absent yesterday because he missed his bust.

Please excuse Jimmy for being. It was his father’s fault.

I kept Billie home because she had to go Christmas shopping because I don’t know what size she wear.

Please excuse Jennifer for missing school yesterday. We forgot to get the Sunday paper off the porch, and when we found it Monday, we thought it was Sunday.

Sally won’t be in school a week from Friday. We have to attend her funeral.

My daughter was absent yesterday because she was tired. She spent a weekend with the Marines.

Please excuse Jason for being absent yesterday. He had a cold and could not breed well.

Please excuse Mary for being absent yesterday. She was in bed with gramps.

Please excuse Burma, she has been sick and under the doctor.

April 19, 2008 Posted by vonkiedool | Humor, Skoolkaskenades | , | 3 Comments

Graad 5 Afrikaans eksamen

1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
om die bees binne te hou

2. Wat is outobiografie?
dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
kaas, botter en 3 koeie

4. Wat is die verlede tyd van eet?
Honger

5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
Kleinseun

6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
kleinteef

7. Wat is die doel van die kies- en oogtande?
die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
goed doen.

8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…
hoe groter haaspastei

9. Wat is die meervoud van kabeljou?
kabeljulle

10. ‘n Sin met “ter aarde bestel…”
“Wie op ter aarde bestel so ‘n groot koek?”

11. Formule vir ‘n sirkel se omtrek:
“paai straal kordaat”

12. Wat is teenoorstaande hoeke?
Hoeke wat vir mekaar kyk

13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

14 . Wat is ‘n terminale siekte?
As jy op die lughawe siek word!

15. Vertaal in Afrikaans: “I beg your pardon?” (My favorite)
HuH?

16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
Onderwyser

17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
Pepermenttande

April 19, 2008 Posted by vonkiedool | Kinderonskuld | , , | 1 Comment

Kinder Gebedtjies - te oulik

Liewe Jesus
Ek het nie geweet oranje pas by pers nie, totdat ek die
sonsondergang gesien het wat U Dinsdag gemaak het! Dit was so mooi!
~Amanda Cloete

Liewe Jesus
Moes die kameelperd so lyk of was dit’n ongeluk?
~Amelia van Eck

Liewe Jesus
In plaas van om mense te laat doodgaan en heeltyd nuwes te moet
maak, hoekom hou U nie die wat U nou het nie?
~Lana Van Zyl

Liewe Jesus
Wie het die strepe om die lande getrek?
~Pedro Geldenhuys

Liewe Jesus
Ek was na ‘n troue en hulle het mekaar sommer daar in die kerk gesoen. Is dit reg?
~Bernie Edmunds

Liewe Jesus
Dankie vir my baba boetie, maar ek het vir ‘n babahondjie gebid!
~ Natasha Lake

Liewe Jesus
Dit het die hele vakansie gereen en was my pa kwaad! Hy het goeters oor U gesê wat ‘n mens nie veronderstel is om te se nie, maar ek hoop maar dat U hom in elk geval nie sal seermaak nie.
~Jou vriend (ek gaan nie se wie ek is nie)

Liewe Jesus
Stuur asseblief vir my ‘n ponie. Ek het nog nooit voorheen vir iets gevra nie, U kan dit maar naslaan!
~ Clyde Codison

Liewe Jesus
Ek wil net soos my pa wees as ek eendag groot is, maar nie met soveel hare oral oor nie!
~Kirk Julius

Liewe Jesus
Ek dink soms aan U, selfs al bid ek nie.
~Hud Le Kay

Liewe Jesus
Ek wed dit is moeilik vir U om al die mense in die wereld lief te he?.
Daar is net 4 mense in ons huis en ek kan dit nie doen nie!
~Amelia van Eck (alweer)

Liewe Jesus
Van al die mense wat al vir U gewerk het, hou ek die meeste van Noag en Dawid.
~Celeste Adams

Liewe Jesus
My broer het vir my vertel van hoe ‘n mens gebore word, maar dit klink nie reg nie Hulle maak seker net ‘n grap ne!
~Naseema Limbada

Liewe Jesus
As U my Sondag in die kerk dophou, sal ek vir Jou my nuwe skoene wys!
- Amanda Cloete

Liewe Jesus
Ons het in die skool geleer Thomas Edison het lig gemaak, maar in die Sondagskool leer ons U het Ek wed hy het Jou idee gesteel!
~Donna

Liewe Jesus
Ek dink nie enige iemand kan ‘n beter God wees as jy nie, en ek se dit nie net omdat U alreeds God is nie, ne!
~ N Lake

Liewe Jesus
Miskien sou Kain en Abel mekaar nie so doodgemaak het as hulle elkeen hulle eie kamer gehad het nie. Dit werk vir my en my broer!
~Clint Van Buuren

April 19, 2008 Posted by vonkiedool | Humor | , , | 1 Comment